My Eerste

Beloftebybel

God se beloftes is kosbare geskenke wat kinders help om God te leer ken, en ‘n lewenslange verhouding met Hom te vorm.

My Eerste Beloftebybel fokus op vyf van God se kernbeloftes. Om hierdie kernbeloftes toeganklik vir die kind te maak, word elkeen as ‘n pragtige geskenk geïllustreer. Aan die hand van die beloftes kan die klein kind God se liefde leer ken en ervaar.

Elkeen van die 32 stories en gebede uit Ou en Nuwe Testament is spesiaal gekies om een van die kernbeloftes te beklemtoon.
Die infografiek, kleurvolle illustrasies en boeiende stories bemagtig ouers en versorgers om met die klein kind oor God se beloftes te gesels.

My Eerste Beloftebybel nooi families uit om die kernbeloftes oop te maak en God se grootste geskenk te ontdek – die vreugde en liefde van God in oorvloed.

God se vyf kern beloftes

God se liefde

GOD HET MY ONEINDIG LIEF
Wanneer ek ’n hart sien,
onthou ek dat God baie lief
is vir my. Hy sorg vir my en
beskerm my. Hy wil hê dat ek
gelukkig moet wees.

Die Heilige Gees

DIE HEILIGE GEES WYS VIR MY HOE OM TE LEWE
Ek is nooit alleen nie. Die Heilige
Gees help my om te verstaan
hoe God wil hê ek moet lewe.
In die Bybel word die Heilige
Gees dikwels as ’n duif
uitgebeeld. Ek onthou om na
God te luister wanneer ek ’n
duif sien.

Nuwe begin

JESUS VERGEWE AL MY SONDES
Jesus vergeet van al die lelike
dinge wat ek gedoen het en
vergewe al my sondes. So gee
Hy vir my ’n nuwe begin en ’n
kans om weer te probeer as
ek ’n fout gemaak het. Ek kan
saam met God soos ’n nuwe
plantjie begin groei. Ek onthou
dit elke keer as ek ’n nuwe
plantjie sien groei.

Familie

EK IS DEEL VAN GOD SE FAMILIE
Die Here gee vir my ’n familie
wat soos ’n sirkel van liefde
rondom my is. Hulle sorg vir
my en help my om soos ’n
kind van God te leef. My
familie sluit al God se kinders
in. Saam vorm ons die kerk.
Al verskil elkeen van ons, wil
God hê dat ons mekaar moet
liefhê en versorg.

Ek is Syne

DEUR JESUS IS EK GOD SE KIND
God het my so lief dat hy sy
seun, Jesus, aan die kruis vir
my sondes laat sterf het. Hy het
my spesiaal gemaak en gekies
om sy kind te wees en Hom te
dien. Ek behoort nou aan God
en sy koninkryk. Ek onthou dit
wanneer ek ’n kruis sien.

Hoe om hierdie Bybel te gebruik

  • My Eerste Beloftebybel fokus op vyf van God se kernbeloftes. Elke belofte word op die volgende bladsy as ’n geskenk geïllustreer en verduidelik.
  • Wees op die uitkyk vir die geskenk-ikoon wat een van die kernbeloftes by elke Bybelverhaal uitlig.
  • Gebruik hierdie infografiek as riglyn om met jou kind oor God se kernbeloftes te gesels.

Mobile Version Coming Soon